Madame die Matriarg

Toe sy 35 jaar gelede van Patrys, Frankryk, na Suid-Afrika verhuis het, het selfs honde en katte haar bang gemaak. Nou is Françoise Malby-Anthony die matriarg van ‘n leerskare wilde diere en die mense wat help sorg dat die spesies voortbestaan. In haar hart is daar altyd plek vir nog ‘n bond. Sy is pas terug van Londen en Parys waar sy haar tweede boek, The Elephants of Thula Thula, bekend gestel het. “Ek het dit gehaat, ek het die skares, die massas gehaat,” vertel sy oor die reis. “Jy weet, dis soos die migrasie van die wildebeeste, die skares mense reg rondom my. Nee, ek kan dit nie meer uitstaan nie.”

Waar sy op Zoom vanuit haar woonstel in Ulundi, net noord Will Durban, gesels, is dit in ‘n stylvolle alternatiewe-uitrusting onder die kritiese oog van haar lewensmaat Franki, ‘n voorbeeldige olifanttroop – majestueus op ‘n reusefoto.

Taxi na Thula Thula Françoise Malby het in die laat 1970's in Londen vir ‘n taxi gewag toe sy Lawrence Anthony ontmoet het. Min het sy geweet hoe drasties dit haar lewe sou verander.

“Ek het geweet hoe om in die arrondissements oor die weg te kom en hoe om die beste pain au chocolat vir ontbyt te kry,” skryf sy.

As sy ‘n hond sien aankom het, sou sy oorkant die straat gaan loop. “Toe leer ek hoe werk diere en nou is ek net mal oor diere. So, dit wys, verandering is moontlik. Al my honde is basterbrakke, hulle lyk na niks nie,” lag sy, “maar ek sê jou, hulle bly in die paradys.”

Die “paradys” begin in 1998 met ‘n wildreservaat van net meer as 10 000 ha in die noorde van KwaZulu-Natal wat hulle Thula Thula gedoop het, die woorde waarmee ‘n Zoeloe-ma haar baba sal sus. Die volgende jaar het die eerste sewe olifante – wat elders as “probleemdiere” van kant gemaak sou word – daar aangeland. Nou is daar ‘n trop van 28 in die reservaat, wat oor die jare danksy ooreenkomste met plaaslike gemeenskappe tot 5 500 ha aangegroei het. ‘n Verdere 1 000 ha wink ook. Dit beteken hulle kon sowat ‘n jaar gelede ophou met voorbehoeding vir die olifante. “En ons hoop. My veldwagters het ‘n mate van ‘beweging' aangemeld,” vertel sy met diep kuiltjies in haar wange. “So ons sal oor 22 maande sien.” Dis hoe lank ‘n olifant dragtig is. Thula Thula het ses jaar gelede laas ‘n baba-olifant gehad. “Vir olifante is dit baie belangrik om babas te hê, ten minste een baba elke twee of drie jaar.”

Gemiddeld elke 15 minute word ‘n olifant in die res van Afrika vir sy tande gestroop, sê Malby-Anthony. In Suid-Afrika is dit nie so erg nie, maar dit kan hierheen oorspoel. “So baie diere word bedreig. Oor ‘n paar dekades kan daar geen wilde diere meer oor wees nie.”

Vasbyt enigste opsie Lawrence Anthony het bekend gestaan as “The Elephant Whisperer” vanweë die manier hoe hy met die trup se destydse matriarg, Nana, gekommunikeer het. Hy is in 2012 in Johannesburg aan ‘n hartaanval dood. Omdat aanhangers van sy boek The Elephant Whisperer wou weet hoe gaan dit met Nana en Frankie en al die ander karakters wat hulle daar in die reservaat leer ken het, het Malby-Anthony self begin skryf. Sy wou mense ook bewus maak van die werk wat Thula Thula doen.

Haar man se dood was helaas nie die laaste tragedie of die laaste groot terugslag nie. Vroeg in 2017 het vyfwaargewapende stropers op die renostersveehuis in die reservaat toegeslaan en twee van die 18 maande oue wesies vir hul piepklein horinkies doodgemaak. Daarna het Malby-Anthony vir haar personeel gesê: “As mense soos ons met elke terugslag toegeef, sal daar geen renosters meer wees nie en geen olifante nie.”

Drie maande later het die reservaat se eie wildrehabilitasiesentrum geopen. Die reservaat se renosters word voortdurend gemonitor. Kameras, hommelluie, ‘n lugvalstelsel en ‘n Duitse herdershond genaamd Ashleigh maak deel van die veiligheidsplan uit. “Jy wil Ashleigh nie ontmoet as jy ‘n stroper is nie.”

Elke 14 maande verdoof ‘n veearts die renosters en verwyder hul horings. “Selfs al onthoring ons die renosters, slaan die stropers steeds toe, want hulle sien daardie deeltjie van die horing wat ‘n mens kan afsny. So dis ‘n eindelose, simpelelose probleem.

“Die meeste mense is nie bewus van wat ons doen om wild op ‘n permanente basis te beskerm en bewaar nie. Ons het net daaraan gewoond geraak, dis deel van ons alledaagse lewe.”

Dit lyk of daar nie genoeg renosterhoring is om in die vraag in die Verre-Ooste te voorsien nie. ‘n Onlangse meningspeiling het getoon sowat 70% van Chinees weet nie die renosters word doodgemaak vir die horing nie. “En nou het dit ook ‘n statussimbool geword, maar dis baie duur. Hulle meng dit met kokaïen en baie ander goed, dan snuif hulle dit. Ek dink die groot probleem is mense gee net nie om nie.”

Malby-Anthony hoop die Chinese vertaling van haar eerste boek, An Elephant in My Kitchen, waarin onder meer die weeshuisaanval beskryf word, sal ‘n verskil maak wanneer dit einde vanjaar verskyn.

Die taak om Thula Thula se renosterbevolking aan te vul rus op die skouers van ‘n bul genaamd Rambo. “Ek het verslae oor beweging daar ontvang. So oor 15, 16 maande sal daar babarenosters wees.” Dit wil voorkom of die koeie Mona en Ntombi dragtig is. “Rambo is in die hemel.”

Thabo, wat tot voor Rambo se koms die renosterbaas van die plaas was en al Ntombi se aandag gekry het, is nou alleen. “Dis ‘n bietjie soos ‘n sepie, die stories oor ons renosters. Thabo is ‘n een-same knaap wat in die sononder inloop. Hy's baie goed daarmee om vir homself jammer te voel. Ons is selfs nog liewer vir hom daaroor. Hy is so ‘n pragtige, wonderlike renoster.”

Thabo was ook ‘n renosterwesie en is deur mense grootgemaak. Hy was so vyf, ses maande oud toe hy die eerste keer ‘n ander renoster – Ntombi – gesien het. “So hy dink hy is ‘n mens. Of: “Hy dink ons is renosters in ‘n vreemde vorm.”

Toe Covid-19 kom, het sy gedink binne drie maande sal alles verby wees. “En dan elke keer as ons gedink het daar is hoop, paf,” beduie sy, “en dan is daar ‘n ander terugslag.”

Kersfees 2020 was die barsste een nog op Thula Thula. “Ek het 50 personeellede, jy moes positief bly, jy het nie ‘n keuse nie. Ek kyk altyd na die blink kant van die lewe, dis my geaardheid. Somtyds was ek te positief tydens Covid. Ek het geweier om die werklikheid onder oë te sien.”

Hulle het baie daaruit geleer, soos dat niks ooit vanselfsprekend is nie. “Ons het geleer hoe om meer geld te spaar en te oordeel oor nuwe situasies. “Ons het baie kreatief geword. Daardie teenspoed het ons by nuwe dinge uitgebring waarvan ons nooit gedink het ons in staat sou wees nie, maar ons wys dat die onmoontlike moontlik kan wees.”

Hulle het instandhoudings- en opknappingswerk gedoen, wat nie sou kon gebeur as daar gaste was nie.

Die volgende boek wat sy beplan, gaan juis oor kos. Dinner with Elephants gaan nie net ‘n kookboek wees nie, maar ook stories oor olifante en die inspirasie vir die geregte, soos die proebelewenisse en foute waaruit die lekkerste kos kom. “Selfs al maak ons foute, kan ons iets uitsonderliks skep.”

Volgens Malby-Anthony is een van haar groot talente om honde vet te voer. Maar wanneer sy tyd kry om met geregte vir mense te eksperimenteer, is haar wildbewaarders die proefkonyn. “Ek sê altyd al my geregte word op my wildbewaarders getoets, maar daar is geen wreedheid by betrokke nie.” Die Zoeloe-personeel wou aanvanklik nie een eet nie. Hulle noem dit vlieënde hoender. “Toe proe hulle my eend, en nou eet hulle byna elke dag eend. Vreemd, nie waar nie?”

Toekoms begin nou Thula Thula gee aan plaaslike gemeenskappe ‘n sin van eienaarskap. “Dit is nie my wildlewe nie, dis ons wildlewe. Dis die Afrikamense se wildlewe. As dit een dag verdwyn, beteken dit daar is geen werkgeleenthede nie. Die toekoms begin vandag, dis wat mense moet verstaan.”

Geesdrif is haar dryfkrag “Passie is die geheim vir uithouvermoed, en uithouvermoed is die geheim vir sukses.” Dis vir haar die lekkerste as sy e-pos kry soos die van ‘n 11-jarige seun van Singapoer wat haar boek het hom geïnspireer om by bewaring betrokke te raak, en nou is hy ‘n ambassadeur vir Born Free. ‘n Jong meisie in België het bewaring as loopbaan gekies omdat die boek haar laat besef het hoe nodig dit is. “Dit is vir my ‘n groot prestasie. Ek kan jong mense bereik. Dis nou hulle wat hier moet omsien – dis hul toekoms en ek sê altyd die toekoms begin nou. Die toekoms begin vandag. En daardie jongmense moet betrokke raak. Hulle wil ook hê hul kinders moet diere in die natuur kan sien.”

As olifante van die planeet verdwyn, sal dit rampspoedig vir die ekostelsel wees, sê Marlice van Vuuren. “As olifante uitsterf, gaan ander diere ook uitsterf. Mense moet dit verstaan en dink: ‘Wat kan ons daaraan doen en wat wil ek vir my kinders hê?'”

Die Olifante van Thula Thula word deur Ian Macmillan uitgegee.