‘n Olifant op my Stoep

Françoise Malby-Anthony vertel van die wysheid en meegevoel wat sy onder die olifante in haar reservaat gesien het – en van ‘n baie spesiale olifant wat Frankie genoem word. Daar reg voor my hek? Ek het haar dopgehou – jy moes altyd ‘n oog op Frankie hou. Sy was onvoorspelbaar. Jy het nooit heeltemal geweet wat die olifantmatriarg sou doen nie. Sy het na die huis gedraai en ‘n paar tree, lank en trots, gegee. Dit het amper gelyk asof sy in my tuin loop, het ek met ‘n koue rilling gedink. Maar dis onmoontlik. Daar was vyf elektriese drade oor die oop ingang op die grond gele wat 8 000 volt elektrisiteit dra om die diere uit te hou. Daar was geen manier dat Frankie die grens kon oortree nie. Ek het nader gestap vir ‘n beter uitsig. Het ek gedroom? Frankie was inderdaad daar.

Die olifant het na my gekyk en gelyk asof sy huiwer, en ‘n skrikwekkende oomblik lank was ek seker sy gaan inkom. Toe draai sy van die deur af weg en stap in die rigting van die swembad. Agter haar het die res van die trop by die heining saamgedrom, al 28 van hulle, van Mandla, ons grootste bul, tot by klein Themba, agter sy ma, Nandi, aan. Die olifante was so verbaas soos ek om te sien hoe hul matriarg in ‘n gebied stap wat hulle almal goed geweet het buite perke is. Frankie het haar toer deur die perseel byna ‘n uur lank voortgesit, en toe draai sy na die hek. Dit was ‘n wonder dat sy sonder ‘n elektriese skok ingekom het – hoe gaan sy nou uitkom? My groot vrees was dat sy geskok sou word en ek ‘n woedende olifant op my drumpel sou he. Sy het een massiewe poot opgelig en dit versigtig tussen die drade geplaas. Teen hierdie tyd was die res van die olifante in ‘n taamlike toestand – party het hul kommer uitbasuin. Ander het met hul slurp grond toe gewys, amper asof hulle wou sê: “Versigtig. Kyk waar jy trap'.' Frankie het kalm gebly, die volgende poot opgelig, en toe die volgende, elkeen versigtig op die grond geplaas, die drade vermy met ‘n akrob atiese elegansie wat jy nooit sou gedink het moontlik is van ‘n olifant wat vier ton weeg nie.

Terwyl sy oor die laaste draad getrap het, het die trop haar triomfantelik met hul slurpe omhoog terugverwelkom. Frankie het haar groot kop na my toe gedraai terwyl ek agter die dun deur teruggedeins het. Haar oe het myne ontmoet, en sy het haar kop effens eenkant toe gegooi, asof sy wou sê: “Wie is nou die matriarg, madam? Ek weet jy het gedink dis jy, maar wie is regtig die baas?” Op Kersdag 2020 was dit nie takbokke wat ons besoek het nie; dit was ons magnifieke trop olifante. Ons trop het ‘n merkwaardige sesde sintuig en is bekend daarvoor dat hulle op belangrike tye by die huis verskyn. Met Lawrence se dood in 2012 het die olifante opgedaag, amper asof hulle geweet het hul beskermer is nie meer hier nie. Hulle wou my sien en sy heengaan erken. Drie opeenvolgende jare, op die herdenking van daardie dag, het die olifante op presies dieselfde tyd by die huis gekom om hul eer te betoon. Ek kan nie vir jou bewyse of ‘n wetenskaplike verduideliking gee nie, maar ek het self hierdie wonderlike verskynsel aanskou. Ek weet nie hoe dit gebeur nie, maar ek weet olifante het ‘n diep intuïsie, ‘n byna geestelike bewustheid, en sterk bande met die mense in hul lewe. As hulle so by die huis aankom, het hulle altyd vir ons ‘n boodskap. Toe die hele trop dus op 25 Desember daar aankom, was dit nie so vreemd om te dink dat hulle ons ‘n gelukkige Kersfees kom toewens het nie. Ek het na die heining toe gestap om hulle te groet, en dadelik besef iets skort – Frankie was nerens te sien nie. Die olifante het vir ons kom wys Frankie is vermis. Dit is altyd ‘n kommerwekkende teken wanneer ‘n dier die trop verlaat – dit wys sy weet iets is fout of selfs dat dit tyd is om dood te gaan. En vir die matriarg om afwesig te wees is ongehoord.

Die soektog na Frankie was aan die gang. Die dag na Kersfees was dit ‘n verligting toe ons hoofveldwagter, Siya Mbatha, vir my ‘n boodskap gestuur het: Ek het Frankie gekry. Sy is alleen en sy ly. Ons het Siya se aanwysings gevolg en haar presies gekry waar hy haar ure tevore gesien het, in die middel van ‘n pad. Die feit dat sy nie beweeg het nie, was nie ‘n goeie teken nie. Aan die ander kant het die feit dat Frankie alleen en in ‘n oop ruimte was, beteken dat dit sou makliker en veiliger wees om haar met ‘n pyl te verdoof. Met al ons veldwagters en wagte in voertuie op die grond, en ons veearts, dr. Trevor Viljoen, in ‘n helikopter, het ons haar die volgende dag veilig verdoof. Dit was hartverskeurend om Frankie daar in die gras te sien le. Sy was massief; tog het sy maer en kwesbaar gelyk. Ek het my hand uitgesteek en oor haar breekbare skouer gestreel. Dit was die eerste keer in al die jare dat ons mekaar geken het. Die een of ander aard is, behoort die antibiotika te help.

Hy het nog ‘n enorme naald opgetel. “Dit is vitamiene en aanvullings. Tot ons meer inligting het, kan ons maar net hoop dat een van die moontlikhede ‘n uitwerking het.” Hy het die naald in haar grys vel ingesink. Terwyl Trevor voorberei het om Frankie met ‘n teenmiddel in te spuit om die uitwerking van die narkose te keer, het die res van die span vertrek na die bopunt van ‘n heuwel ‘n paar honderd meter verder. Jy wil nie te naby aan ‘n lomerige olifant wees wat na ‘n dosis kalmeermiddels rondsteier nie!

Frankie het ‘n paar minute lank daar gele, en net toe ek begin bekommerd raak iets het skeefgeloop, het sy op haar voete gekom, sterk en trots met haar kop omhoog. Sy het goed gelyk, majestueus, die ou Frankie. Ons het almal gejuig en hande geklap, verlig en hoopvol toe. “Moet ons nie verlaat nie, Frankie. Jy kan beter word; jy moet beter word. Moet my asseblief nie los nie.”

Trevor het vinnig gewerk en met ‘n fisieke ondersoek begin. Hy het groot flessies bloed uit die are in haar ore geneem en toe ‘n paar spuitnaalde uitgehaal. “Dit is ‘n algemene antibiotika,” het hy gesê en die naald in haar groot skouer gesteek. “As daar ‘n bakteriese infeksie is, behoort dit te help.” Ek het gedink aan my lang geskiedenis met Frankie. Sy was so intiem betrokke by ons storie – myne en Lawrence s'n, en die van die trop. Sy was maar 46, middeljarig vir ‘n olifant – sy behoort nog 20 jaar saam met ons te wees, maar daar was niks om te doen as om op die uitslae van die toetse te wag nie.

Die toetse het gewys Frankie het ‘n lewerwaal. Trevor wou nie ‘n vaste voorspelling gee nie – hy het iets oor “50/50” gemompel – maar ek het optimisties gevoel. Ons het darem nou geweet wat fout is. Ek het dit op myself geneem om haar te voed en seker te maak sy kry die medisyne en spesiale lewertonikum wat Trevor voorgeskryf het.

Ek het twee maaltye per dag vir Frankie berei, ‘n taak wat ek met liefde gedoen het. Benewens perdevoer het ek ‘n groot bak vrugte en groente gemeng, met die doel om vir haar ‘n groot verskeidenheid voedingstowwe te gee. Ek het met verskeie opsies geëksperimenteer om te sien wat Madame geniet. Hierdie heerlike mengsel is aan Siya en ons olifantkenner, Andrew Murgatroyd, oorhandig, met streng aanmanings om my groot slaaibak terug te bring sodra hulle Frankie klaar gevoer het.

Dit was nie ‘n maklike taak nie, want om ‘n olifant te voer, moet jy die olifant kry. Hoe moeilik kan dit wees, vra jy dalk. Wel, baie! Een van die raaiselagtige dinge oor olifante is dat hulle ten spyte van hul enorme grootte daarvoor berug is dat hulle moeilik is om op te spoor; dit het soms tot sewe uur per dag geneem om haar te vind.

Wanneer die liefdevol voorbereide mengsel in ‘n emmer of in ‘n hopie neergesit is, het sy aangedrentel gekom en met haar slurp daarin rondgekrap en net die beste stukkies uitgesoek. Ek het Andrew elke dag gevra: “Wat dink jy? Lyk Frankie enigsins beter?” “Party dae,” het hy gesê en my oe vermy. “Miskien ‘n bietjie …”

Ek het saam met Andrew uitgegaan om haar te sien. Sy het vreedsaam net meters van die pad af rondgesnuffel. Andrew het die bak met haar lekkernye by my geneem, uitgeklim en haar sagtig geroep. Sy het stadig na hom toe aangestap en amper haar voete gesleep. Ek het haar skaars herken. Haar manier, haar gedrag, haar stappie – alles was onbekend. Maar die ontstellendste verandering was haar versonke skedel en dowwe oe. Frankie het haar spesiale middagete geëet, die koolblare minagtend van die hopie afgegooi en na die voertuig gestap.

Sy het stadig verby ons gestap en gestop. Ons het daar gebly: Andrew, Frankie en ek. Nadat sy haarself van haar eie olifantfamilie geïsoleer het, het dit gelyk asof sy ons geselskap wou hê. Andrew het na ‘n ruk die voertuig aangeskakel en stadig wegbeweeg. Frankie het daar langs die pad gestaan en gekyk hoe ons vertrek. My hart het gebreek om haar alleen daar te sien, so oud en broos.

Vroeg in Januarie was sy skielik weer aan die beweeg en het haar gunstelingplekke besoek. Ek was opnuut hoopvol dat Frankie dalk buite gevaar is. Maar op 8 Januarie het Andrew haar by Croc Pools gekry. Hy het uit die voertuig geklim, na haar gestap en die kos neergesit. Sy het reguit vir hom gekyk, maar nie na die emmer vrugte en lekkernye beweeg nie. “Komaan, Frankie. Komaan, meisie,” het hy gesê terwyl hy in die emmer gekrap en ‘n appel uitgehaal het. Frankie het haar ou vriend ‘n laaste, lang kyk gegee en toe omgedraai en stadig weggestap sonder om enige van die liefdevol bereide middagete te eet.

Ons kon haar nie die volgende dag kry nie. Ons het meer as ‘n week lank gesoek, maar kon haar nie opspoor nie. Ek moes vir ‘n paar dae Durban toe gaan vir mediese toetse. Ek was van plan om Sondag terug te keer, maar Saterdag het ek onrustigheid ervaar. Ek moes terug na Thula Thula. Ek het in die kar geklim en die vyf uur huis toe gery.

Kort nadat ek aangekom het, het Lynda Smith, die reservaat se hoofbestuurder, uit die kantoor gekom en vinnig na ons gestap. Toe sy naby kom, het ek gesien haar gesig was stroef en haar oe geswel. “Die teenstropingseenheid het pas gebel,” het sy gesê. “Hulle het Frankie gekry.” Die vraag het in die lug gehang. “Frankie is dood,” het Lynda sag gesê. Daar was ‘n geskokte stilte terwyl ons gesukkel het om die nuus in te neem. “Ce n'est pas possible,” het ek onrustig laat hoor. “Dit kan nie waar wees nie.” Maar ek het in my hart geweet dit was. Ek wou haar sien. Ek moes haar sien om te glo dat dit verby is.

Ons het in stilte gery terwyl die son sak. Ons het Mandla, alleen, naby die huis gekry. ‘n Entjie verder vir Nana, ook alleen. En vir Mabula, op sy eie. Toe ons by elkeen van hulle verbykom, het hulle opgehou wei om na ons te staar. Dit was ongewoon dat die olifante so uitgesprei was, vreemd dat hulle na ons opkyk en ons met hul oe volg. Ek kon nie help om te wonder nie: Het hulle van Frankie se dood geweet?

Die trane het begin loop toe ons by die verspreide trop verbykom. Wat sou met hulle gebeur sonder hul geliefde leier? Ek het die hele pad daarheen saggies gehuil. Daar was geen pad of paadjie wat gelei het na die dam waar Frankie gevind is nie. Net die reuk van haar ontbindende liggaam het haar ligging weggegee. Die reuk het sterker geword hoe nader ons gekom het, en gou was dit oorweldigend. Ek het my serp oor my neus getrek.

Andrew het gestop. Daar het sy gele, ons matriarg, op haar sy asof sy rustig slaap. Ek het ineengestort, oorweldig deur die werklikheid daarvan, die finaliteit. Sy was weg. Frankie het haar ewige rusplek gekies, ‘n plek so afgelee dat ons nog nooit ‘n voet daar gesit het of geweet het van die dammetjie langs aan nie. Daar was geen pad na haar rusplek nie. Sy het ons verlaat met die waardigheid, trots en nederigheid van ‘n ware leier.

‘n Maand na Frankie se dood, op 21 Februarie 2021, het die hele olifantfamilie ons kom besoek; die eerste keer sedert Kersdag toe ons agtergekom het Frankie is vermis. Ek was verheug om hulle saam te sien, maar diep hartseer oor hul gedrag. Hulle het stadig op en af voor die heining geloop. Marula voor, Gobisa agter, sleepvoet. Dit was ‘n stappie wat ek nog nooit gesien het nie. Die tieners, gewoonlik vol lewe en toertjies om ons mee te vermaak, het asof in stadige aksie beweeg. Die olifante het somber gelyk. In my hart het ek geweet dit wat ek aanskou, was ‘n begrafnisoptog vir Frankie. Die Thula Thula-trop het die dood van hul matriarg, Frankie, kom herdenk. Net soos toe Lawrence oorlede is en hulle geweet het – instinktief geweet het – iets het gebeur en kom kuier het.

In die weke na Frankie se dood het die trop ongewoon onbestendig voortgegaan. Dit was eers na drie volle maande dat Marula as die nuwe matriarg na vore getree het. Ek sal nooit die dag vergeet toe sy by die hoofhuis aangekom het om haar as hul nuwe leier aan te kondig nie. Gobisa het haar gevolg, as haar beskermer en mentor, en agter haar, die hele trop. Marula het by die heining tot stilstand gekom met haar familie wat rustig om haar gewei was, net soos haar ma altyd gedoen het.

Dit was hul eerste besoek sedert die hartverskeurende begrafnisstoet, en die aanskoue van hulle saam, kalm en rustig, het my hart vermurwe. Hoewel sy jonk en klein was, het Marula my daardie dag soveel aan Frankie herinner. Sy het dieselfde krag en leierskap getoon. Dit is nog vroeg, maar dit lyk asof sy goed aanpas in haar nuwe rol. En so begin ‘n nuwe era in die lewe van die trop.